Skip to main content

Posts

Featured

Die genade van die Here...

En só is nog 'n week op sy rug! Tyd vlieg vinniger as 'n luiperd op jag. Maar die genade van die Here darem, liewe mens! Dis soos warm, tuisgebakte brood, vars uit die oond en 'n knus vuur op 'n koue aand. Dis soos die vriend of vriendin wat jou troos as jy huil, en 'n snoesige kombers om jou skouers. Soos 'n drukkie op tyd en die warmte van 'n hand in joune.  Die genade van die Here is soos vars blomme uit die tuin en so nodig soos iets om te eet. Dis reddend. Dis vermanend. Dis mooi soos die berge. Dis strelend soos die gekabbel van water oor klippies in die rivier.  Dis samesyn en liefde. Dis die omhels van die mense van jou hart. Dis soos stil Sondaemiddae se uiltjie knip, en koffie en beskuit in die nag. Dis tuiste. Dis dag tot dag. Dis van een oomblik na die ander, soos goue draadjies wat stories en lewens bymekaar hou en bind.  Die genade van die Here is soos Sy guns - beide onverdiend. En vir ons, liewe mens, genoeg sê Paulus.  Genoeg moed om aan te ...

Latest Posts

The people you love...

Kom ons probeer weer...

Let's face it...

Ek wou, maar ek het nie...

Augustus...

Toe ek kón, hét ek...

As you were...

The meaning of life...

Spanwerk...

It's not about you...