Let's face it...
Daar is baie dinge waarvoor hulle sê mens moenie bang wees nie. Vir die donker. Vir spinnekoppe. Vir voëls en muise en kie.
Maar waarvoor jy veral nie moet bang wees nie, is to check yourself.
Hoe jonger jy is, hoe moeiliker is dit. Want wie wil nou regtig aanspreeklik gehou word vir elke liewe ding omtrent jouself? Die goed, die sleg, en alles tussenin.
Checking yourself verg eerlikheid. Brutale, kaalkop eerlikheid met jy en jou en alle weergawes van die mens wat jy is. Veral eerlikheid oor dié dele van jou menswees wat min of geen mens ooit sien nie. Dis mos makliker om jou kop in die sand te steek, of hoe?
Maar dié checking of the self is 'n noodsaaklikheid. Dis soos om jou persoonlikheid, jou karakter, jou denke en aksies van alle kante te bekyk - in 'n spieël wat net jy sien. Wel, jy en die Here, natuurlik. And let's face it. Nie alles is altyd mooi en rein en heilig nie. Soms is ons nie gereed vir die antwoorde wat kom met dié checking nie. Maar om jouself te bekyk, soos my oorlede Nene altyd gesê het, is 'n moet. En dit kos moed!
Dit kos moed, want as jy eers daai bosberaad met jou eie menswees verdaag, is daar waarskynlik dinge waaraan jy moet werk. Dinge wat druk. Dinge wat seermaak. Dinge wat ongemaklik is. Dinge wat móét verbeter, moet verander. Anders gebeur een van twee dinge. 1. Jy kom terug na die volgende bosberaad en is presies waar en wie jy voorheen was. 2. Jy hou glad nie weer bosberaad nie, want jy weet jy skuld 'n vorderingsverslag... Jy sien, my mens, jy kan vir almal jok, maar nie vir jouself nie. En nóg minder vir jou Maker.
Efesiërs 4 sê breek met die ou mens. Jesaja 43 sê moenie by die verlede anker kap nie. 2 Korinthiërs 13 sê ondersoek jouself en stel jouself op die proef. En in Psalm 139 - een van my gunstelinge - vra Dawid dat die Here hom moet deurgrond, sy hart moet ken.
Dié deurgronding is juis om te bepaal of daar iewers iets is wat mens van groei weerhou. En, soos ek Maya Angelou al aangehaal het... when you know better, you do better. En dis maar al. To do better, you need to know better. To know better you need to check yourself. To check yourself you need courage. Courage to face whatever you see in the mirror. And take responsibility. Be accountable. Verandering en groei kom van binne af.
Die Here hou jou hand, liewe mens, maar dis jóú vingers op die gereedskap... moenie bang wees om aan jouself te timmer nie. In fact, you owe it to yourself...
Baie liefde en sommer baie, baie kindness!
Alvené
Comments
Post a Comment