God sal vir jou optree...

 As die Here ‘n ding doen, doen Hy dit ordentlik. So genadeloos en tog met soveel genade, want jy sien… Hy ken die groter prentjie. Die end game. Nie dat Sy kindwees enigsins ‘n speletjie is nie. Inteendeel. So genadevol soos Hy is, kan Hy hom nie te veel steur aan jou trane en vrae en vloermoere as dinge nie in jou guns uitwerk nie. Die ironie is egter: dit werk eintlik tóg in jou guns. Jy sien dit net nie, omdat jy nie God is nie. Al wat Hy vra is: vertrou op My, soos in Psalm 37: 5, waarin die psalmdigter sê dat ons ons lewenspad aan die Here moet toevertrou en dat Hy sal optree.

Ek het die Here al oor en oor en oor sien optree. In dinge klein en groot, met my hare in my hande en my hart gebreek. Met my hoop yl en beursie leeg. My moed min en my bekommernis groot. Maar ek het te veel keer gesien hoe die Here, ten spyte van alles, optree.  Magtiglik. Op maniere waarin jy met jou hele hart wéét: it can only be God.

My gebed is dat jy sal onthou hoe God vir jou in die verlede opgetree het. En dan sal leef soos iemand wat met alles in jou wéét, vol vetroue: God sal dit wéér vir my doen.

Liefde,

Alvené

Comments

  1. Dankie vir die 'reminder' Alvene dat God het en sal altyd optree. Jou verwysing na vloermoere het my teruggeneem na 'n seer tyd toe ek verwerp is deur 'n man en ek vloermoere van epidermiese proporsies gegooi het.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Aaah, my Roos. Ek onthou daai eina tydjie in jou lewe. Kyk hoe ver het jy sedertdien gekom! God se genade is darem mooi!

      Delete
  2. These words are so apt and so true, thanks Tim for sending me this way today !

    ReplyDelete
  3. U is nét the kostelik Alvené. I'm glad our paths have crossed. Many blessings and love from 'V'✌🏽

    ReplyDelete
    Replies
    1. We're all just a channel through which God works, my dear Veruschka. May he bless you always❤️

      Delete

Post a Comment

Popular Posts