As you were...

En só is die winter-skoolvakansie én die eerste week van skool verby. Min tyd vir koffie. Guns blazing is seker al manier hoe ek die afgelope week kan beskryf. Met die hoop dat die nuwe week effens sagter op die lyf, hart en siel sal wees. On all of us. But if not...hoop ek dít: 

1. Dat jy sal onthou dat jy kán. 

2. Dat woorde soos onbevoegd en onmoontlik net in die woordeboek bestaan.

3. Dat jy eindelose moed en murg en magic het. Jy moet dit net onthou.

4. Dat jy regtig tot álles in staat is deur Hom wat jou die krag gee, ene Paulus. 

5. Dat jy nie minder is as enigeen anders in die vertrek nie. 

6. Dat "glo in jouself" nie nét 'n sêding is wat ons vir kinders leer nie. 

7. Dat jy en hoe jy jou eie potensiaal onderskat, eintlik al is wat in jou pad staan. 

Soms is 'n mindshift al wat dit kos om jouself ánders te sien. Jy het nie nodig om vir enigeen toestemming te vra of jy great mag wees nie. Besluit net dat jy is. En dan doen jy alles moontlik om seker te maak dat jou aksies jou besluit match, my mensSonder arrogansie.  Sonder om heeltyd te loop soek vir pluimpies en kloppies op die skouer. Wéés net. Wórd net. Dóén net dit wat van jou 'n beter, sterker, meer purposeful mens sal maak.

Daai droom van jou sal 'n droom bly as jy net daaroor droom. Daai doelwit is maar 'n lugkasteel if you don't step up. En daar's net twee redes why we don't step up. 1. Because we think we can't.  2. Because we're lazy. 

Spreuke 12 vers 24 stel dit mooi. "Hardwerkende mense styg uit. Dié wat lyfwegsteek, sak uit." Soos alles in die lewe, kan jy kies. Uitstyg of uitsak. Alles of niks. Ek ken mense wat met bitter min, bitter baie doen. Die verskil tussen hulle en ons wat net droom? Onwrikbare geloof in hulself. Onbeweeglike geloof in hul Maker. Vreesloosheid. En die vermoë om ten spyte van mislukking in die oomblik, op te staan en weer te probeer. 

Die alternatief hiervan? Niks. Niks wat verander. Niks bereik. 

Net die Heelal wat vir jou kyk en sê: As you were...

Baie liefde, (met 'n tikkie koffie en baie kindness!)

Alvené 


Comments

Post a Comment

Popular Posts