The meaning of life...

So een of twee keer - of dalk 'n duisend keer - in mens se leeftyd wonder jy: what is the actual meaning of life...

Filosowe het oor die eeue heen hieroor kop gekrap. Teorieë verewig. Teorieë wat met tyd, en mens, verander het. 

Ek dink ons oumagrootjies se oumagrootjies het met 'n voorskoot aan voor die karringbakke met 'n veraf kyk in die oë hieroor besin. Kinders het op die damwal gesit en oor die water uitgekyk en hieroor gewonder. Jongmans het met knertsie in hand by die kroeg gesit en gewonder of die kroegman dalk weet. My skoolkinders het my al baie keer in die middel van 'n les gestop en iets so eenvoudig gevra soos: "Juffrou, wat maak ons nou eintlik hier?" Nie in my klas nie, natuurlik. Want hier leer ons beslis om Afrikaans lief te hê en te respekteer. Maar wanneer dié vraag kom, weet ek gewoonlik dat 'n tienerbrein wonder en worstel; probeer sinmaak van die hoekoms en waaroms. En veral...the sense in all of it! Van die lewe se ge-op en af. Van gebeure. Van die lekker goed en die moeilike goed. Of all the in-betweens

In my koerantdae, in die middel van 'n onderhoud met 'n vrou wat met haar gesin langs 'n treinspoor geleef het, het ek ietwat van 'n antwoord gekry. As die wonder oor die betekenis van leef, die lewe, die punt daarvan haar in haar swaarkry beetpak, kyk sy na haar blondekopseun en sy niggie. Daar waar hulle albasters in die sand skiet, en oopmond lag. Sy het gesê: "Die lewe is eintlik maar oomblikke. Baie oomblikke." Haar gunsteling oomblik was die klank van haar seun se gelag wat haar stiltes breek. En dié oomblikke van lag het haar van een oomblik na 'n ander oomblik deurgedra. Oor en oor en oor. 

Ek reken dís wat ons ook moet onthou. Dat die lewe nie een groot ding is nie. Dat mens nie die betekenis van die lewe in een groot idee moet box nie, maar onthou dat dié groot ou plek called life, uit oomblikke opgemaak is. Goeie oomblikke. Oomblikke van oopmond lag. Oomblikke van vrede. Oomblikke van stilte. Oomblikke van chaos. Oomblikke van angs. Oomblikke van klippekou. Oomblikke van wen. Oomblikke van ween. Oomblikke van leer en bou en afbreek en letting go. Oomblikke wat jy wens vir altyd kan hou. Oomblikke van vriendskap. Oomblikke van liefde. Oomblikke wat saak maak. Oomblikke wat die koers van jou lewe kan bepaal. Oomblikke van lewe. En oomblikke van dood. 

Die kenners noem die mens se alewige soeke na die groot antwoorde, en veral die betekenis van die lewe, an existential crisis. Maar in my brose ou denke, there is no crisis. Daar is  net baie, baie oomblikke. Verskillende oomblikke. Sommige oomblikke mag jy dalk voel dat jy in krisis is, ja. En een oomblik bepaal dikwels die volgende oomblik. Life is a series of it. Of moments. Wat jy met jou oomblikke maak, word jóú reisplan op jóú reis, my mens. 

Maar weet dít: as die lewe vir jou te veel voel, is dit omdat die lewe nie veronderstel is om op een slag geleef te word nie. Dat nie alles op een slag verstaan hoef te word nie. Live in the moment. And honour that moment. Learn from it its lessons. Appreciate it for what it is. En wanneer die volgende oomblik kom, honour that moment too. Until you look back on the road and see that that is all life is. A moment that carries us through to the next moment...and the next. And that even life's meaning is wrapped up in moments. 

Mag die seëning van Numeri 6 met jou saamloop. Mag die Here jou behoed en bewaar. Mag die Here Sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees. Mag die Here Sy aangesig oor jou verhef en jou vrede gee...

Baie, baie liefde

Alvené 


Comments

Post a Comment

Popular Posts