Kom ons probeer weer...

My meisiekind is besig om te brei. Met blou wol en my liewe buurvrou se breinaalde. 
Sommer so langs my in die bed. 

Iets het iewers fout gegaan en sy vra dat ek dit fix. Ek het haar rytjies losgemaak en haar tóé gewys hoe om die steke weer op te tel. Een vir een. En ek dink toe... is dit hoe die Here met ons werk wanneer ons skeef neuk? Ons breiwerk losmaak en weer een vir een ons steke laat optel...

Dié wat brei, sal weet. Om jou breiwerk los te maak, maak jou vordering undone. En om steke weer op te tel, kos fokus en geduld. Jy moet nou jou knoeiwerk regmaak, my mens. En wie is nou lus om oor te begin?

Maar om oor te begin is 'n gift. Die kenners meen you're starting from experience. Om oor te begin in dié lewe, is 'n geskenk wat nie almal kry nie. En soms, gryp dié wat dit kry, nie die tweede kans aan nie. Hulle sien dit dalk nie as die absolute seëning wat dit is nie. Of is miskien te fixated op die undoing van dít wat was. 

Maar daar's vir my iets so mooi aan: 
- kom ons probeer weer...
- laat ons oor begin...
- probeer nog 'n keer...
- kom ons begin oor...

Dié ou woordjies is die ene genade. Dit klink soos 'n nuwe begin. Dit proe en lyk en ís soos grace in its purest form... jy het foute gemaak, maar kom ons probeer weer. Die eerste keer was verkeerd, so laat ons oor begin. Dis oukei, probeer nog 'n keer. Só leer mens, kom ons begin oor...

Elke nuwe oggendstond is eintlik só. Deurdrenk van genade. 'n Dag van weer probeer...

So kom ons probeer vandag wéér. Wat ookal ons gister verbrou het. Kom ons begin oor. Kom ons tel daai stekies een vir een op. Dié keer asof ons lewens daarvan afhang.  Because maybe, maybe this time, it does...

Baie liefde,
Alvené

Comments

Popular Posts