It's not about you...
Disclaimer: not for sensitive readers.
It's not about you. Dit wat mense doen en sê; nie doen nie en nie sê nie, het absoluut niks met jóú te doen nie. En tog... is ons so broos en sensitief. Maklik gekrenk. Geraak. Ontsteld tot die punt waar ons vir ure, dae, soms jare oor dinge tob. Dikwels maak ons nooit eens seker of ons hulle reg verstaan het nie.
Hierdie gekrenkdheid sê eintlik meer oor ons. Dat ons nog binne die mure van ego leef, beweeg, dink en voel en nog nie heeltemal bó dit uitgestyg het nie. We take things so personally. Onbewus van hoeveel krag daar lê in taking nothing personally. Om begrip te hê dat ander se besluite en aksies heeltemal onafhanklik van ons geskied.
Daarmee sê ek nie dat mens nie soms seerkry of sleg voel nie. Alles het mos maar konteks. Ek praat van hoe ons alles wat anders doen, internalize. Dit relevant aan onsself maak. Hoe ons onmiddelik op ons perdjies klim en uitlig hoe 'n ander se handeling óns raak; óns laat voel. So asof daai persoon se besluitnemingsproses óns as die belangrikste teiken voor oë gehad het, voor hulle die sneller getrek het. So asof ons die hoofkarakters in alle stories is en almal se plotinskrywings rondom ons ontwikkel word. So asof die wêreld om óns draai. So asof óns gevoelens, óns ervaring van oomblikke dié ervaring is.
Soms spruit ons hoofkarakter-energie uit 'n behoefte baie dieper gekap as wat die oog kan sien. Dikwels uit wonde vanuit ons kindertyd. Soms is dit omdat ons nooit geleer was to leave room for all people and their stories, their expressions, their narratives, nie. Soms vat ons onsself darem te ernstig op.
Vir my was dit vir baie lank die laasgenoemde. Gelukkig het ek 'n vriendin gehad wat my in daardie seisoen gereeld herinner het van 'n voorgeskrewe boek in matriek, Die Kwart-voor-sewe-lelie deur Eleanor Baker. Dié het 'n G.K. Chesterton aanhaling wat sê: Angels can fly because they take themselves lightly. Dié aanhaling - en vriendin se gentle reminders - het meer as net my sanity gered. Dít tesame met Adele se liedjie, I drink wine. Daar is die enkele reël wat ek oor en oor en oor gesing het: I hope I learn to get over myself... en tóé werk ek kliphard daaraan.
Because it's not about me. And angels can fly because they take themselves lightly.
Romeine 12 vermaan juis: "Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie..." 'n Versie waaraan ons gerus kan klou in vandag se tye waar mense baie hard probeer om elke dag, in alles, die hoofkarakter te wees. Waar die geringste ou dingetjie ons sleg laat voel en dan boonop ons gesindheid teenoor mense verander, want hallllooooo...jy het my te na gekom. Waar ons so swaar dra aan dinge wat eintlik niks met óns te doen het nie, maar bloot 'n handeling uit mense se eie binnewêreld is... 'n wêreld waarvoor elkeen self verantwoordelik is.
Hiermee kom ek u nie te na nie. Hiermee sê ek ook nie dat ék die kuns van lig leef vervolmaak het nie. Ek herinner u bloot dat dit beter is om niks persoonlik op te neem nie, want dit was nege uit tien kere, nie persoonlik bedoel nie. Unless it is. Maar dan is daai 'n geselsie vir 'n ander dag.
Loop mooi. Loop lig.
Baie liefde,
Alvené
Knap gedaan! Mooi geskryf. ♥
ReplyDelete