Trust the process...
Trust the process, they say.
Ek en ‘n vriend
het altyd gewonder of die process wéét
hy word vertrou! I mean, come on... Só
baie rus op die process. Soveel
geduld wat mens moet hê sodat die process
sy gang moet gaan. Soveel geloof dat wanneer die process uiteindelik sy ding gedoen het, dat die uitkoms positief
sal wees. Soveel afwagting...
Maar ek glo dat die process deeglik bewus is dat
ons op hom staatmaak. Én dat hy sy gang sal gaan...of ons hom nou vertrou of
nie.
Kyk, dis maklik
om oulike sêgoed vir mekaar te sê. Trust
the process. Maar gló jy dit regtig? Vertrou jy dit werklik? Want om die process te vertrou, beteken dít:
1.
Terwyl jy nóú
‘n storm beleef, vertrou jy dat alles ten goede sal meewerk – of die uitkoms ís
soos jy dit wou hê of nie.
2.
Dat jy vrede
sal hê oor hoe dinge vir jou uitgedraai het en die les daarin sal raaksien.
3.
Dat jy
geduld sal moet hê, omdat die process
nogal ‘n proses is. Dit kan weke, maande, selfs jare neem voordat jy die
uitkoms sien.
4.
Die process gaan nie noodwendig oor jóú nie,
maar die groter prentjie vir ‘n wêreld groter as wat jou oog kan sien.
5.
Trusting the process means trusting God. So diep en onwrikbaar dat selfs wanneer dit vir niemand anders sin maak
nie, jy nooit sal twyfel in dít wat die Here doen nie...
Soos Josef.
Deur sy broers verag, verraai en verkoop. ‘n Slaaf. Valslik beskuldig en in die
tronk gestop. Deur God gebruik. Om op die ou einde sy familie – en Egipte – teen
hongersnood te kon red. He trusted the
process. He trusted God. Selfs toe dit lyk asof hy tot hel verdoem is. Can you?
Baie liefde,
Alvené
amen en amen
ReplyDelete