Oppas wat jy sê...
En dink veral voor jy praat.
Hoe dikwels
is ons woorde, lippe en tonge vinniger as ons verstand. Dan maak ons seer.
Breek ons af. En ‘n situasie wat so anders kon uitdraai, is nou aan jou tong se
genade oorgegee.
Spreuke 10
vers 19 sê dat die mens wat baie praat, maklik die verkeerde dinge sê; die mens
wat versigtig is en dink voordat hy praat, is verstandig.
Ek ken mooi
vriendskappe wat verbreek is omdat iemand nie gedink het voor hulle praat nie.
Ek weet van vertrouensverhoudinge wat vir altyd verbrokkel is. Ek ken ouers wat
van hul kinders vervreemd is en familiebande wat nou al vir jare aan’t skerwe
lê, want iemand was baie vinnig, baie bitsig met die mond.
Sommige mense
is sensitief,ja. Maar dit gee ons nie die reg om links-en-regs net te sê wat
ons wil, sonder om daaroor na te dink nie. Ek glo in Albert Mehrabian se
sêding: it’s not what you say, it’s how
you say it. En ek glo in Spreuke. Dat ‘n sagte antwoord die grimmigheid
afkeer, maar die krenkende woord die toorn laat opkom. Dat die tong van die
wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid
uitborrel.
Oppas wat jy
tik. En dink veral voor jy post.
Hoe dikwels
is ons woorde, ons vingers en ons fone vinniger as ons verstand...
Baie liefde,
Alvené
Comments
Post a Comment