Ons grootste vyand en ons beste vriend...
Tyd. Hy loop vinnig wanneer dit góéd gaan, en stadig wanneer ons sukkel. Die beste ding vir ons healing; die doring in ons vlees as ons wéét daar’s net ‘n bietjie van. Maar vir my, liewe mens, is dit die kosbaarste kosbaar wat dié lewe my nóg kon gee.
Tyd om te
verstaan – dinge wat my as kind net verwar het. Tyd om groot te word en die lawwigheid
van kindwees agter te laat – en net genoeg te hou sodat ek aan die magic van die lewe kan bly vasklou.
Tyd om met
myself te sit – my foute, my vrese, my drome en doele onder die vergrootglas te
hou. Daaroor te besin. Dít te verander wat verandering kort. Dít te jaag wat
die moeite werd is. En dít te let go
wat geen nut in dié lewe dien nie.
Tyd om te
leef. Vir sommige beteken “leef” dalk naweke weg, crazy bucketlists, om ‘n lys van doendinge af te tik. Maar wat as “leef”
bloot ís om te lééf? Om soggens jou oë oop te maak en te weet jy haal nog asem.
En dan dankie te sê daarvoor. Wat as leef ís om jou voet op die koue teël te
sit as jy opstaan voor jy skoene aantrek – en jou brein die koue sensasie na
jou voetsool stuur. Wat as leef ís om die ketel te hóór kook en jou vingers om die
eerste koppie warm drinkgoed te vou? Wat as leef ís om gangaf jou geliefdes te
hoor asemhaal en te weet julle het mekaar – al het julle min van alles anders?
Wat as leef ís
om op pad jou gunstelingliedjie hardop te sing? ‘n Vreemdeling te groet en
almal by wie jy verbystap, in die oë te kyk en te glimlag? Wat as leef ís om
sommer net te wees? Dankbaar te wees; geduldig te wees; ander goedgesind te
wees; om hier te wees. Teenwoordig te
wees... Wat as tyd en genade tweeling is en die een jou die geleentheid gun om
die ander te geniet?
Don’t rush off all the time, but sometimes take
time to take stock of how you spend your time... Want tyd is ‘n geskenk van God, sê Prediker 3; “en God het jou genoeg tyd gegee om alles te bereik wat
Hy jou geroep het om te doen...”
Gee tyd. Neem tyd. En jy sal sien wat tyd aan jou teruggee...
Liefde,
Alvené
Comments
Post a Comment