'n Kersie in die vensterbank
Komplimenteer mekaar. Vind nog tyd om mooi, liewe goed van iemand te sê. Aan iemand te sê. Help mekaar. Vra vir mense hoe dit met hul gaan – régtig met hul gaan. Stel nog belang in hul welsyn.
Bak ekstra koekies en gee dit aan die mens aan wie jy in daai oomblik dink. Onthou verjaarsdae. Stuur ‘n boodskap. Check op mekaar. Wees nice met mense omdat jy ‘n nice mens is. Moet nóóit dat die donker, dooie deel van dié lewe jou vreugde steel nie.
Sing vir
iemand! Gesels met ‘n vreemdeling. Plak soentjies op jou geliefdes se wange! Bak
brood en neem dit vir jou buurvrou (en moenie tel wat jy doen nie!). Moenie net dinge doen wat jóú laat goed
voel nie, maar laat die vreugde in jou só opborrel dat dit oorloop na ander.
Bied aan om
koffie aan te dra vir dié om jou. Dra medisyne aan in tye van siekte. Skryf
briefies. Los notas. Kyk mense in die oë. Gee drukkies. Koop lekkers by die
snoepie en los sweetness waar jy
gaan. Wees ‘n gawe, gawe mens wat nie nét aan jouself dink nie. En weier om te
glo dat die wêreld net lelik is. Net donker is. Net na swaarkry proe.
Te veel
mense bou deesdae hoër mure. Belê in hul eie belange. Ek weet die
wêreld is soms hond-eet-hond en me-in-my-small-corner.
Maar moenie dat
die donkerte wen nie. Wees ‘n kersie in die vensterbank. ‘n Lampie in die nag. Leef
Mattheus 5 uit, asof die mensdom se oorlewing daarvan afhang. Because actually, it does.
Ooorlog en
slegte nuus; dood en seerkry; swaarkry en pyn; venyn en verraad is soos winde
wat kerse bly, blý uitblaas. Wees jý die hardkoppige klein pyn-in-die-toon wat
keer op keer daai kerse wéér aansteek. Push
back. Give hope. Find the light in you. Let it shine.
And watch the world around you start shining too. Een kersie, een vensterbankie, een hart, een siel op 'n slag...
Liefde,
Alvené
Comments
Post a Comment