'n Bietjie stadiger...

'n Bietjie stadiger. Dís hoe ek deesdae loop.

Ek onthou ‘n tyd toe ek alles so vinnig gedoen het, want die Here hoor my: daar’s net sóveel tyd in ‘n dag! So baie deadlines; soveel dinge om te onthou, te doen. So baie plekke om te wees. Soveel mense om na om te sien. Totdat ek op ‘n dag hierdie stem hoor sê het: slow down...

Ek het die stem nie herken nie...en ook nie ge-slow down nie, want o, hemel! Hoe gaan ek alles inpas?

Soms loop mens so vinnig dat jy val. Dan kry jy seer. En word jy genoop om stil te sit. Soms hou mens so aan dat jy siek word – al gee jy jou lyf al die wortels en lemoene om gesond te bly! Dié ou ding verraai mens soms. Soms loop mens so vinnig dat jy skaars agterkom hoe jou asem jaag. Hoe die angs in jou opbou en klim en klim en klim. Totdat jou hele lyf ingee en jy só ver verwyderd is van alles wat mooi en heilig is... Die gekwetter van die eerste voëls teen dagbreek; die silwer doukombers oor die gras; die kerwe van die blare aan die boom. Jou buurvrou se glimlag; die kinders se gelag; die ritme van jou hartklop; die stem van jou Maker. Until you learn to slow...down.

Vir my is die slowing down in die manier hoe ek loop. Stadiger. Rustiger. Sonder haas. Al jaag mense verby my, of gee my stapgeselskap lang treë teen my ou kleintjies. Ek loop stadiger, want met elke tree bly ek present. Grounded. Só sien ek raak dít wat heilig en mooi is: ‘n glimlag op ‘n vreemdeling se gesig, ‘n medemens net kort van ‘n drukkie, ‘n oor. ‘n Eekhoring op kampus, ‘n blaar wat die seisoensverandering eer, Sy stem, die hartklop in my borskas...

Die wêreld eis so baie van ons. Soms 'n lys verantwoordelikhede so lank soos Merlin se baard. Selfs Martha moes sit; die dagtake los. Elia was uitgeput en moes self leer rus. Saggeus, Abraham en Sara, Hanna – almal moes leer how to slow it down... Maar dis Jesus se voorbeeld vir my. Die slowing down when he needed to. Heeltyd. Op tyd. Nooit ‘n slaaf aan dít wat Hy moes dóén nie. Hy het eerder Sy beker gevul, want dís waaruit Hy skink. Eerder rustig by sondaars gekuier, want dis dáár waar hoop hom bevind. Eerder in die boot lê slaap, want wat kan ‘n storm Hom nou maak? Eerder in die tuin gaan bid, want in die warboel van die lewe verloor jou draadloos soms opvangs na die stem van God. 

My gebed is dat jy ook sal onthou: to just slow.. it... down. Om asem te haal. Om present te wees. In jou sit, jou staan, jou lê, jou loop, jou denke, jou take, in jou doen en in jou gesprekke. Want die Here is jou herder en jy kom niks kort nie. Die wêreld se eise is maar ‘n poepstormpie as jy stadiger, heeltyd bewus van Sy teenwoordigheid, een voet voor die ander sit.

Liefde,

Alvené





Comments

  1. Indeed kollega, what a beautiful reminder for me to remember 'TO SLOW DOWN' too... What comes to mind is when Jesus rode on the donkey, the donkey carrying Jesus to me symbolizes 'slow and steady, taking His time, en nie hastig en vinnig op 'n perd in die stad gery nie. My logo is from An Aesop's fable of 'The hare and the tortoise... A lovely message that 'slow and steady wins the race!. Have a
    good day, keep growing and Stay blessed. 🙏🏽💜Love from me🧚🏽🌱💜

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular Posts