As die son weer skyn...

Dis die eerste oggend van die Junie-skoolvakansie. Die sonnetjie is ten minste vanoggend uit hier in die koue, koue Kaap. Ná dae en dae en dae van aanhoudend reën. Vanoggend se sonskyn laat my aan twee goed dink.

Die eerste is hoe mens die sonnige dae nie altyd waardeer nie en dit mis wanneer dit weg is. The things we take for granted. Gesondheid. Geliefdes. Dinge en mense wat vir ons gemak en genot verskaf. Oomblikke. Seisoene. Goed wat ons só vanselfsprekend aanvaar that we pay it no mind when it’s around. Jakobus 4 vers 14 praat juis oor hoe ons nie eens weet hoe ons lewens môre sal wees nie. En tóg leef ons dikwels asof al hierdie dinge weer môre hier sál wees…asof óns nog môre hier sal wees. Ons omstandighede onveranderd sal bly. Wees verstandig en maak jou houtjies in die somer bymekaar vir die winter, ja, maar onthou: nothing is a given, but everything’s a gift. Be grateful.

Die tweede is hoe die son áltyd weer skyn. Al was die weer hóé guur. Tough times don’t go on forever. Goedheid en guns kom weer. Ek weet dis moeilik om dít te sien terwyl dit nat en donker en woes om jou is. Wanneer jy links kyk en regs kyk en oral om jou kyk en niks maar donker vooruitsigte jou omring nie. Donker dae kom. Uitdagings kom. Situasies wat wanhopig lyk, kom. Niemand word dié goed gespaar nie. Dis die toetsers van geloof. Van volharding. En jou guts. When the stormy days are over, and the sun shines again, hoop ek jy kan soos Titus sê: dit was die reddende genade van God. En ook soos Jakobus: dit was louter vreugde om in geloof beproef te word…

Sonskynliefde,

Alvené


Comments

Post a Comment

Popular Posts