Padlangs
Verlede Vrydag neuk ek die berge in met ons graad 9’s – al kloof-langs tussen Tafelberg en Lion's Head. Deuteronomium 8 vers 2 bly die heeltyd in my kop: “En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die Here jou God jou gelei het...”
En hét ek gedink! Aan al die kronkels en heuwels en vreugde en grootword
en pret! Al die klippe, die draaie en swaaie, die nerf-af knieë en -elmboë van
al die val. Die keer-op-keer opstaan. En die eindlose genade van God van tóé af
tot nou...
Die gedink aan die pad gaan nie soseer oor die dínkwerk nie, my mens, maar
die onthouwerk. Dat jy moet onthou waar jy vandaan kom, sodat jy kan
weet waarheen jy gaan. Dat jy die treë wat jy tóé geneem het, gebruik as ‘n padaanwyser,
rigtingwyser, ‘n kompas. Dat jy onthou dat jou lewe ‘n reis padlangs is. En dat
jy veral onthou Wie jou hierlangs lei.
As jy moeg geword het, rus ‘n oomblik, maar skraap al jou moed bymekaar
om aan te hou – it’s worth it. You’re worth
it. As jy seergekry het, sien om na jou wond, maar moenie by jou plek van
seerkry tentpen inkap nie. It will do you
no good. As jy bang is om alleen te loop omdat dié wat saam met jou begin het,
uitgesak het – weet dít: almal se paaie is verskillend. Honour yours. As jy bang is vir wat voorlê – don’t be. Dieselfde God wat jou tot dusver gelei het, sal altyd. Don’t limit what He can do.
Liefde,
Alvené
Comments
Post a Comment