No blue Monday...

Dis Maandag. Geken aan sy vele skakerings van blou...van ligblou tot potblou by tye, soos mens baie mense hoor sê.

Maar wat as jy besluit dat dié Maandag – dalk alle ander Maandae hierná – vir jou ‘n geel, groen of oranje Maandag sal wees? Iets lig en sonnig? Kleurvol? Prettig? Iets wat die begin van ‘n nuwe werksweek, skoolweek vier! Soveel moontlikhede, soveel hoop dat dié week ‘n goeie week kan wees!

Want sien, my mens, soms bring ons self die gevoel van swaarmoedigheid met ons saam... deur hoe ons dink, wat ons sê, watter ingesteldheid ons inneem. Sometimes a mindshift is the best shift to have...

Romeine 12 vers 2 herinner ons dat ons nie aan die wêreld gelykvormig moet word nie, maar verander moet word deur die vernuwing van ons gemoed. As jou kollegas kla, moenie saam kla nie – reageer eerder met dankbaarheid. As almal rondom jou voete sleep, gryp jou foon, sit aan die musiek en doen ‘n danspassie wat die norrste van die norsstes sal laat glimlag. Verf jou Maandag ‘n ander kleur as blou en kyk hoe die reënboog vorm!

‘n Goeie Maandag is dalk net die begin van ‘n goeie Dinsdag, Woensdag, Donderdag en kie. Jou gedagtes is kragtiger as wat jy dink. Don’t waste it on blue thoughts...  

Liefde,

Alvené

 

Comments

Popular Posts