Ma-wees: 'n roeping
Gister was Moedersdag. Só ‘n mooi dag waarin mense oral hul mammas gevier het. Of dit nou jou biologiese ma, aanneem-ma, grootmaak-ma, skoonma of ‘n mamma in ‘n ander vorm was...dit bly maar spesiaal.
Ek hoop elke Mamma kon
gister weer moedskep. Weer weet dat die rol van Ma-wees een van die Here se
belangrikstes is – een wat Hy aan jou toevertrou met die hoop dat jy sal onthou
dat jou hart Sy hart aan ‘n kind weerspieël.
Ek weet Ma-wees kom met snotneusies
en toebroodjies-maak en heeltyd van jouself géé. Maar dit kom ook met baie bid,
met wyswees en daardie wysheid só oordra dat ons ons kinders help om hulself in
dié wêreld te vind. Mamma, moet nooit jou rol óf jou gebede en vermanings
gering skat nie. Moederskap is ‘n roeping. In Timoteus 5 v 10 word die grootmaak
van kinders as ‘n “goeie werk” beskryf en in Deuteronomium 6 sê die Bybel: “En
hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit
jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy oppad is
en as jy gaan lê en opstaan.”
May we never lose sight of
our calling. En mag ons ander mammas help en herinner aan húl roeping. En mag
die Here ons met al die wysheid seën om Ma-wees, dié koninkrykswerk goed en reg
te doen.
Want dis mos wat die Here
verwag.
Liefde,
Alvené
Comments
Post a Comment