Haal diep asem...

Haal diep asem.

Weer ‘n keer.

Sit jou hand op jou bors en hou dit daar totdat jou asemhaling rustiger, egaliger word. There’s no real rush. Maak dit jou bedoeling om vandag rustiger te werke te gaan. Jou gedagtes te stil. Jou haas te vertraag...

Jou oggend was dalk dol met sy lang lys doendinge. Dalk is die res van die dag se lys selfs langer. A box to tick. A deadline to reach. ‘n Vergadering hier, ‘n werkswinkel daar. Huistakies, jou gesin se behoeftes, projekte om af te handel, begrotings wat moet klop. Onthou om deur dit net…diep…asem…te…haal.

En dan soos Dawid in Psalm 62 te bid. “Ja, my siel is stil tot God. By Hom vind ek rus…” Jou angs voed nie jou daaglikse tenk nie; jou kalmte – Godskalmte – wel.

Haal diep asem.

Weer ‘n keer.

Maak dit jou bedoeling om stadiger, rustiger, kalmer die dag te pak.

En probeer dit môre weer…

Liefde,

Alvené



Comments

Popular Posts