Bewaar jou hart...
Toe ek klein was, het ek een aand na ‘n sangkonsert gegaan waar Alton ZacKay – self toe nog ‘n tiekie-en-‘n-baksteen-hoog – ‘n lied gesing het wat my vandag nog bybly. When others see a shepherd boy, God may see a king.
Die wêreld is die
ene labels. Mense kyk na jou lewe en
maak hul eie besluite oor wie jy is – soms ongegrond. Soms die ene oordeel. En
soms word mens sommer net “vlak” gekyk. Onderskat. Mens kan dit seker aan ‘n
verskeidenheid dinge toeskryf; dalk is dit maar die mens en sy grootheidswaan.
Maar dit maak nie saak nie. Wat wel saak maak, is dat jy weet: die Here sien
jou. Die Here het ‘n plan met jou.
Die Here vind jou waardevol. Wanneer ander maar ‘n skaapwagtertjie raaksien,
sien God ‘n toevoeging tot sy koninkryk.
Toe Samuel op
opdrag van die Here na Jesse in Bethlehem gaan om sy seuns te sien, terwyl
Israel ‘n nuwe koning soek, het nie Jesse óf sy sewe ander seuns daaraan gedink
om Dawid in te sluit by die “koning-kies-parade” nie. Hoe kan ‘n jong
skaapwagtertjie dan nou ooit ‘n koning word?
En dís vir my die
magic van die Here. When he has ordained you, no man can stand
in the way. Die Here het Dawid se hart raakgesien. En jou hart, liewe mens,
is waarin die Here belangstel. Spreuke 4 vers 23 herinner ons daaraan om ons
“harte te bewaak en te bewaar, want daaruit is die oorspronge van die lewe.” Jy
is waardevol. Jy is kosbaar. Jy is baie meer in die oë van die Here as wat
mense van jou dink.
Bewaar en bewaak jou hart en maak seker dat God ook in joune ‘n behae kan vind.
Liefde,
Alvené
❤️❤️
ReplyDelete